Meer oor die verhongerde leeus van Kunene

Die verhongerde leeus in die Kunene-streek bly in die nuus. Daar is berigte dat daar nog leeus is wat so maer is en dit is onseker presies wat die oorsaak is. Tammy Hoth van die Namibiese Leeu-trust sê nie al die diere in die streek lyk so nie. Sy het die situasie op die grond so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.