Meer moet gedoen word om Namibiese kind te beskerm

Die voormalige kinder-advokaat in die kantoor van die ombudsman sê wetgewing oor kinders is voldoende in Namibië, maar die implementering daarvan is die uitdaging. Dit volg nadat die minister van kinderwelsyn Doreen Sioka die indien van die kinderbeskerming-mosie deur die PDM-parlementslid, Inna Hengari, geprys. Sioka sê die regering doen alles wat hulle kan, en benodig die ondersteuning van almal om die brandende kwessie aan te spreek. Advokaat Ingrid Husselmann het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dat die ministerie en regering meer moet doen om die Namibiese kind te beskerm…