Meer maatskaplike werkers nodig op grondvlak om selfmoord te bekamp

Selfmoord is plaaslik ‘n baie groot uitdaging en het in die afgelope jaar skerp toegeneem. Die bekende maatskaplike aktivis Rosa Namises sê maatskaplike werkers moet meer aktief op grondvlak werk om so uit te reik en berading te kan bied.