Shifeta het Covid, maar is asimptomaties

Die Namibiese ministerie van die omgewing se woordvoerder Romeo Muyunda het gerugte ontken dat die minister, Pohama Shifeta gehospitaliseer is en ernstig siek is. Muyunda het bevestig dat Shifeta wel Covid opgedoen het maar, dat hy tot dusver asimptomaties is en by sy huis isoleer.