Meer inligting oor Swapo raadslede wat verskyn het op klagte van korrupsie

Landdros Simasiku Makapa het borgtog in die Ondangwa-landdroshof aan twee plaaslike Swapo-raadslede en ‘n voormalige voorsitter van die bestuurskomitee van die Oniipa-dorpsraad geweier. Die drie, burgemeester David Kambonde, sy adjunk Hileni Idhogela, en Thomas Matsi, het na bewering in 2018 ‘n kandidaat aangestel wat nie vir die posisie gekwalifiseer is nie. Die Teenkorrupsie-komissie van Namibië het die twee Maandag op Oniipa in hegtenis geneem. Die saak is tot 7 September uitgestel. Die komissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata, praat met Kosmos 94.1 Nuus.