Meer inentings nodig om pandemie te beheer

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê dit is noodsaaklik dat méér mense met entstowwe teen Covid-19 beskerm word om die impak van die virus op mense se lewens en lewensbestaan in die komende maande te verminder. ‘n Totaal van 14 miljoen dosisse entstof is reeds in die land toegedien met meer as tien-miljoen mense wat ten volle ingeënt is. Michelle Groome van die Instituut sê selfs al meld provinsies elke dag minder gevalle aan, is dit nie nou die tyd om oorgerus te raak nie. Sy voeg by almal moet hul deel doen deur ingeënt te word en ander aan te moedig om dieselfde te doen.