Meer gevangenes moet matriek in die tronk voltooi

Die Departement van Korrektiewe Dienste in die buurland het meer gevangenes aangemoedig om hul matriek te voltooi. Die departement het hierdie week ‘n slaagsyfer van 87,6 persent vir verlede jaar se klas gevier. Volgens die woordvoerder, Singabakho Nxumalo, het hulle gevind diegene wat hul instellings verlaat sonder opvoedkundige kwalifikasies, word gereeld gewoonte-misdadigers. Hy voeg by die wat wel studeer word bemagtig en kry meer kanse nadat hulle in die samelewing heropgeneem word: