Meer deursigtigheid oor ooreenkoms met Johnson & Johnson gevra

‘n Versameling van burgerregte en gesondheidsorganisasies het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen vir meer deursigtigheid oor sy entstof-vervaardigings-ooreenkoms met Johnson en Johnson. Dit, na ‘n berig in die New York Times dat miljoene dosisse van die Johnson en Johnson-entstof, wat in die Oos-Kaap vervaardig word, na ander dele van die wêreld uitgevoer word. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.