Meer besonderhede oor Rehoboth-moord

Die Namibiese polisie het meer besonderhede bekend gemaak oor die moord wat op Rehoboth gepleeg is. Die 23-jarige Bradwin Diergaardt is Maandagoggend rondom sewe-uur deur voetgangers gevind. Hy is aangerand. Die mag sê hy het die vorige aand met vyf vriende, wat reeds geïdentifiseer is, gekuier. Nampol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het die publiek se hulp gevra.