Meer as R6 miljoen beloof vir kinders van vermoorde polisiebeamptes

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens herdenk Nasionale Polisiedag deur fondse in te samel vir die kinders van polisiebeamptes wat hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor het. Meer as 100 gholfspelers van verskeie korporatiewe maatskappye het beloof om geld in te samel vir die Suid-Afrikaanse Polisie-onderwys-trustfonds. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, bevestig ‘n totaal van 6,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand is beloof om die opvoedkundige behoeftes van die kinders te steun.