Meer as N$5m se dwelms gevind

Die Namibiese polisie het meer as 5 miljoen Namibiese dollar se dwelms in Julie gekonfiskeer met 172 verdagtes wat gearresteer is. Daar is beslag gelê op net meer as 502 000 kilogram dagga, ter waarde van meer as 5 miljoen dollar met 381 Mandrax-pille ter waarde van amper 46 000 dollar wat gevind is. Kokaïen ter waarde van ongeveer 34 000 dollar is gekonfiskeer. Daar is 161 Namibiese verdagtes met agt Zambiërs, en een elk van Suid-Afrika, Zimbabwe en Angola wat agter tralies is.