Meer as een miljoen Britte toets positief vir Covid-19

Amptelike data dui aan meer as een miljoen mense in Brittanje het positief getoets vir Covid-19. Die Kantoor vir Nasionale Statistiek sê die totale aantal gevalle het met tien persent toegeneem in die week tot 21 November, wat ‘n toename is vanaf 972 400 oor die vorige tydperk van sewe dae. Dit is die eerste toename in gevalle sedert die week wat op 17 Oktober geëindig het. Die gevalle het begin styg in Engeland, maar daal steeds in Wallis, terwyl die neiging in Skotland en Noord-Ierland nog onseker is.