Blitsbokke is deur na kwarteindronde van Dubai Sewes

Rugby: Die Blitsbokke is deur na vandag se kwarteindronde van die Dubai Sewes-toernooi na ‘n oorwinning van 19-12 teen Australië. Die Suid-Afrikaners het Vrydag swak begin en teen Brittanje verloor. Hulle het weer hulle voete gevind met ‘n oorwinning teen Kenia en dit toe opgevolg met die sege teen die Aussies. Die Blitsbokke kom vanoggend teen die heersende kampioene van die Wêreldreeks, Samoa, te staan in ‘n poging om nog ‘n titel te voeg by hulle drie agtereenvolgende Doebai-Sewes-oorwinnings die afgelope paar jaar.