Meer as 800 urologie-pasiënte op waglys vir operasies by Chris Hani Baragwanath-hospitaal

Die DA in Gauteng sê 861 urologie-pasiënte is op die waglys vir operasies by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg. Sommige pasiënte sal tot drie jaar moet wag. Jack Bloom van die DA sê daar is tien pasiënte wat tussen twee en ses weke moet wag vir chirurgie vir kanker van die testikels, niere en blaas.