Termiese hommeltuie gebruik om oorlewendes in Italiaanse Alpe op te spoor 

Reddingswerkers het termiese hommeltuie gebruik om deurnag te soek na moontlike oorlewendes nadat ‘n sneeustorting gevolg het toe die grootste gletser in die Italiaanse Alpe meegegee het. Die gletser het ingestort op die hoogste bergpiek in die Italiaanse Dolomiete, Marmolada. Soektogte met helikopters en honde is Sondagaand opgeskort toe dit donker geraak het en daar kommer was oor die bestendigheid van die gletser.