Meer as 50% van ouers spaar nie vir terug-skool-toe-uitgawes

Met die vakansie wat amper verby is, toon ‘n opname van 1Life dat meer as 50 persent van verbruikers in die buurland nie spaar vir terug-skool-toe-uitgawes nie. Byna 90 persent van die deelnemers  verwag om uitgawes te besnoei om aan hierdie finansiële eise te voldoen. Die meerderheid gebruik hul Januarie-salarisse om hierdie verpligtinge te dek. 1Life se raadgewer, Hayley Parry, werp lig op die finansiële uitdagings waarmee talle verbruikers worstel.