Standbeeld van Tutu met Palestyns-Afrika serp onthul

‘n Standbeeld van aartsbiskop Desmond Tutu wat ‘n spesiale serp met ‘n Palestynse-Afrika ontwerp dra, is by die Ou Graanskuur-gebou in Kaapstad onthul. Die Desmond en Leah Tutu-stigting se uitvoerende hoof, Janet Jobson, sê die standbeeld is deel van ‘n voortdurende protes teen Israel se oorlog in Gaza. Die standbeeld, versier met ‘n Palestynse serp met ‘n spesiale Afrika-ontwerp, sal daagliks uitgestal word totdat die konflik ophou. Jobson sê dit is in solidariteit met die mense van Gaza.