Meer as 5 000 Covid-sterftes daagliks in China beraam

Meer as 5 000 mense sterf waarskynlik daagliks aan Covid-19 in China. Die Londen-gebaseerde navorsingsfirma, Airfinity het Chinese streeks-data gebruik en raam daaglikse infeksies in die land op meer as ‘n miljoen. Die maatskappy sê die golf kan twee pieke hê van 3,7 miljoen gevalle per dag teen die middel van Januarie en 4,2 miljoen per dag in Maart in ander provinsies. Die Shanghai Deji-hospitaal sê daar is ongeveer 5,43 miljoen positiewe Covid-gevalle in die stad. Die hospitaal beraam Shanghai kan teen van die einde van die jaar ‘n totaal van 12,5 miljoen gevalle hê.