Rugby: Twee SA derbies die naweek op die spyskaart

Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap hervat die naweek en twee Suid-Afrikaanse derbies is op die spyskaart. Die Haaie speel vanmiddag eerste teen die Leeus in Durban en die afskop is om vyf-uur. Dan verwelkom die Stormers die Bulle in Kaapstad vir ʼn tradisionele Suid-Noord-derby en ʼn herhaling van verlede seisoen se eindstryd, toe die span van Kaapstad die titel gebuit het. Die Bulle is tans tweede op die punteleer ná Leinster, en die Stormers derde. Die Leeus is vyfde en die Haaie tiende.