Meer as 30 Wes-Kaapse skole loop in vakansie onder vandale deur

Meer as 30 Wes-Kaapse skole is tydens die vakansie deur vandale geteiken. Volgens die Wes-Kaapse onderwysdepartement het 34 skole 41 voorvalle van inbrake en vandalisme gerapporteer. Twee van die skole is ernstig beskadig. Die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Debbie Schäfer, sê verskeie items is gesteel.