Meer as 140 dae van beurtkrag in 7 maande in SA

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê Suid-Afrikaners het in die afgelope sewe maande meer as 140 dae se beurtkrag ondervind. Hy sê die kragvoorsiener neem kennis van die beduidende uitwerking op die ekonomie. Oberholzer het met die media gepraat oor die kragkrisis en sê die gebrek aan kapasiteit veroorsaak vertragings met die instandhouding van sekere opwekkingseenhede: