Meer as 1,3m hektaar grond geraak deur veldbrande

Die Namibiese Landbou-unie het die dienste van ’n karteringskundige ingespan om ’n oorsig te verkry oor die landwye situasie van veldbrande vir die maande April tot Augustus vanjaar. Uitslae toon dat ’n totaal van 1 388 188 hektaar landbougrond, wat 503 plase en kleinhoewes insluit, hetsy gedeeltelik of in geheel deur veldbrande geraak is. Die vermoede bestaan dat brande dikwels veroorsaak word deur nalatige optrede deur individue. Die ‘droë seisoen’ het pas begin en die unie doen ’n beroep op verstandige en verantwoordelike optrede om verdere verliese deur brande te voorkom. Die NLU is tans besig om te bepaal waar en vir watter rede die onlangse veldbrande plaasgevind het.