Meer as 13 000 Filippyne ontruim oor vulkaan

Die aktiefste vulkaan in die  Filippyne het gister lawa en swaelsuurgas begin uitblaas wat die sowat 13 000 inwoners van die Luzon-eiland gedwing het om te ontruim. Die vulkaan waarskuwingsvlak is verlede week Donderdag na drie uit ‘n moontlike vyf opgeskuif. Ontruimings het onmiddellik begin weens die gevaar van rotsstortings, grondverskuiwings en ballistiese brokstukke. Die Filippynse Instituut van Vulkanologie en Seismografie sê  in die afgelope 24 uur het die Mayon-vulkaannetwerk 21 ligte vulkaniese aardbewings, 260 rotsstortings asook lawavloei-aktiwiteite uit die krater aangeteken.