Cele het in China gekuier, oor Brics en ander dinge

Die buurland se polisieminister Bheki Cele het ‘n suksesvolle ampsbesoek van vyf dae aan China voltooi. Die minister en ‘n afvaardiging hooggeplaastes het met China se minister van Openbare Veiligheid, Wang Xiaohong, vergader om sekerheidsvoorbereidings vir die Brics-beraad te bespreek wat in Augustus in Johannesburg gehou word. ‘n Woordvoerder van die polisieministerie, Lirandzu Themba, sê Cele het ook Chinese polisie-afvaardigings ontmoet om onder andere polisiesake en die versterking van China/Suid-Afrikaanse samewerking wat paktiese wetstoepassing betref, te bespreek: