Meer as 1 700 Kunene-families bygestaan met voedsel

Die VN se Wêreldvoedselprogram in Namibië het 1 700 honger huishoudings in die Kunene-streek bygestaan. Die gebied gaan gebuk onder erge droogtetoestande en wanvoeding en voedseltekorte het ‘n algemene verskynsel geword. Die Namibiese regering het ook onlangs ‘n afvaardiging na die streek gestuur om ondersoek in te stel en ook bystand gebied. Dudu Murorwa, ‘n parlementslid en ‘n boer in die streek sê die bystand het groot verligting gebring.