Medvedev, Sabalenka deur by Indian Wells

Die vyfde gekeurde Daniil Medvedev sal in die halfeindronde van die Indian Wells Meesters sake uitspook teen die Amerikaner, Frances Tiafoe. Die Rus het Alejandro Davidovich Fokina van Spanje met 6-3 en 7-5 geklop om sy 18de agtereenvolgende oorwinning te behaal. Tiafoe het die Britse nommer een, Cameron Norrie, met 6-4 en 6-4 afgeransel om aan sy eerste ATP-meesters 1000-halfeindronde deel te neem. In die vroue-afdeling het die heersende kampioen van die Australiese Ope, Aryna Sabalenka van Belarus, net meer as ‘n uur nodig gehad om die Amerikaner, Coco Gauff, met 6-4 en 6-0 te verpletter en haar plek onder die laaste vier te bespreek.