Grenswagte neem reeds aan korrupsie deel – AfriForum

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die ontplooiing van grenswagte deur die Grensbestuursowerheid. Die burgerregte-organisasie beweer die wagte is onder twyfelagtige omstandighede ontplooi, met wetgewing wat nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Die organisasie het ‘n versoek ingevolge die Wet op Openbare Toegang tot Inligting ingedien by die Departement van Binnelandse Sake vir besonderhede oor die wagte se welslae. AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê volgens hul bronne neem baie van hierdie grenswagte reeds deel aan korrupsie en omkopery: