ECB gee jongste oor verbruikersveldtog

Die Elektrisiteitsbeheerraad het sy Verbruikersopvoedingsveldtog in November verlede jaar van stapel gestuur. Die veldtog is daarop gemik om die publiek in te lig oor verskeie kwessies wat met elektrisiteit verband hou. Kosmos 94.1 Nuus het by Ferdinand Molale, die beheerraad se woordvoerder, aangeklop wat meer inligting gee oor hoe die veldtog tot dusver verloop het. Volgens Molale kry hulle positiewe terugvoer van die publiek.