Mediese raad sal ook Oshakati-verpleërs ondersoek

Die Namibiese Raad vir Gesondheidsberoepe het aangekondig dat hy self ondersoek sal instel in die gedrag van verpleegsters in Oshakati. ‘n Video is versprei waar verpleegsters ‘n bejaarde pasiënt klap en om hom vloek en op ‘n stadium lê die pasiënt ook op die vloer. Die raad se Registrateur Cornelius Weylulu sê hulle het die mandaat, ingevolge wetgewing oor verpleging om stappe te neem teen individue wat die gedragskode oortree. Die Ministerie van Gesondheid het reeds die susters verwyder van pasiënt sorg.