Angola skenk ook vir sy burgers

Daar word berig dat Angolese owerhede 50 sakke 10 kilogram mieliemeel by Etunda in die Omusati-streek aan Angolese vlugtelinge voorsien het. Die Goewerneur, Erginus Endjala sê hy was onbewus van die skenking maar dat die bystand vir die amper 800 kwesbare vroue, kinders en oumense, welkom is. Endjala het bygevoeg dat van die mense reeds verder suid beweeg het opsoek na werk en dat nog ‘n groep die land binnegekom het en nader aan Onesi is. Endjala sê dit is wel ‘n humanitêre krisis omdat die groep duidelik honger ly en geen heenkome het nie. Daar is ook reeds twee geboortes onder die groep aangemeld.