Mediese praktisyns sal nog lank wag vir Psemas-hersiening

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Privaatpraktisynsforum, dr. Dries Coetzee sê daar is nie vinnig verligting wees vir mediese praktisyns in verband met die lae Psemas-tariewe wat betaal word nie. Die staat se mediese fonds betaal mediese praktisyns steeds op Namaf se 2014 tariewe. Coetzee sê dit word op die oomblik hersien maar, dit neem reeds jare en dat dit nog ‘n verdere twee jaar sal duur.