Mediese fondse van onderduimse taktiek beskuldig

Die mediese fonds-bedryf word deur die Namibiese Privaatpraktisynsforum daarvan beskuldig dat hulle valse aantygings teen lede en medici maak, eenvoudig omdat hulle begin swaar trek as gevolg van hoër eise. Die forum beskuldig mediese fondse daarvan dat hulle onderduimse taktiek gebruik om kostes te spaar deur ongegronde aantygings teen medici te maak. Kosmos 94.1 Nuus het kers opgesteek by Eben de Klerk, regsadviseur by die forum, wat lig op die probleem gewerp het.