Mediese fondse moet innoveer – Namfisa

Te midde van groot kommer oor die volhoubaarheid van mediese fondse het Namfisa toegetree om die fondse te bewaar. Daar is berig uit die nege fondse is net drie bestendig en Namaf, die oorkoepelende liggaam van die fondse, blameer die mediese praktisyns en beskuldig hulle van bedrog. Kenneth Matomola, die uitvoerende hoof van Namfisa het ‘n beroep op mediese fondse gedoen om te innoveer. Hy sê die koste van mediese sorg styg jaarliks en die las moet verlig word omdat huishoudings reeds onder druk is. Hy vra samewerking van diensverskaffers en rolspelers om bekostigbaarheid te waarborg. Fondse moet ook weer onderhandel oor bydraes.