Mededingingskommissie ondersoek onregverdige prysstygings

Die Mededingingskommissie in die buurland se jongste verslag oor die monitering van pryse van noodsaaklike voedsel het oor ‘n twee-jaar tydperk in Suid-Afrika ongeregverdigde prysstygings in sonneblomolie, wit- en bruinbrood en mieliemeel onthul. Die verslag beklemtoon ook die voer-tot-pluimvee-waardeketting, waarin belangrike handelsbeleidsbesluite verlede jaar die prys van pluimvee-produkte beïnvloed het. Die kommissie se woordvoerder, Sipho Ngwema, sê ontwikkelings in die pluimvee-sektor sal dopgehou word om te verseker verbruikers word nie onderwerp aan ongeregverdigde prysstygings nie.