Mededingingskommissie bevestig goedkeuring van drank-transaksie

Die Namibiese Mededingingskommissie het bevestig dat dit voorwaardelik die Heineken, Distell en NBL-transaksie goedgekeur het. Alhoewel die transaksie nog in verskeie ander jurisdiksies goedgekeur moet word, is die kommissie se goedkeuring ‘n belangrike mylpaal in die regulering en goedkeuring van die proses. Leon Fouché, besturende direkteur van Distell Namibiê, sê NBL en Distell Namibia is en bly trots Namibiese ondernemings en saam sien hulle daarna uit om ‘n streeks-drankkampioen te skep. Paulus Hangula, ‘n senior ekonoom by die Mededingingskommissie praat met Kosmos 94.1 Nuus.