Meatco plaas fokus op kommunale boere

Meatco is tans besig om nuwe markte te ondersoek vir veral vleis van die Noordelike Kommunale-gebied. ‘n Besending is onlangs na Ghana uitgevoer. Op die oomblik word markte in die Midde-Ooste geteiken vir moontlike uitvoere. Die maatskappy het ook sy beleid oor kommoditeits-gebaseerde handel herroep en dus kan vleis noord van die rooilyn onder sekere voorwaardes suid van die rooilyn verbruik word. In die verband word individuele waardekettings benut om te verseker dat die vleis bek- en klouseer-vry is en in ander gevalle word die vleis verwerk. Biosekuriteitsmaatreëls word ook toegepas. Meatco sê die noordelike kommunale boere het genoeg vleis en die grootste uitdaging is nie die voorsiening nie maar eerder marktoegang.