Meatco leen N$200m om produsente te betaal

Plaaslike berigte lui dat Meatco ‘n 200 miljoen Namibiese dollar se leningsfasiliteit van die Ontwikkelingsbank van Namibië verkry het. Volgens die finansminister, Iipumbi Shiimi, sal dit die maatskappy in staat stel om betalings aan boere te maak en ekonomiese groei in die land se landbousektor te ondersteun. Boere word blykbaar rondom 140 miljoen dollar geskuld vir verslagting en landbouminister Calle Schlettwein het ook onlangs die jongste syfers in die verband aangevra. Volgens Meatco is die lening geneem om seker te maak dat hy die land se beesvleisbedryf opknap en om seker te maak dat groei in die landbousektor gestimuleer word. Meatco het onlangs sy fokus verskuif na produsente noord van die rooilyn en het 14 metrieke ton vleis na Ghana uitgevoer en net minder as 26 ton na Angola.