Meatco hou jaarvergadering op 23 Junie

Meatco hou op 23 Junie sy 35ste algemene jaarvergadering. Dit vind om nege-uur die oggend op Grootfontein plaas.  Registrasie vir die vergadering vind tussen half-agt en half-nege plaas. Slegs geregistreerde lede mag die vergadering bywoon. Lede moet mosies vir die agenda op 9 Junie aan die voorsitter van die raad, Adolf Muremi indien. Meatco bly in die nuus, veral nadat landbouminister Calle Schlettwein onlangs die maatskappy geïdentifiseer as een van sy ministerie se hoof-prioriteite wat dringende ingryping benodig. Schlettwein het beklemtoon dat Meatco tans tegnies insolvent met sy skuld wat sy bates oortref het.