Meatco het nog nie Botswana bees ontvang nie

Die Namibiese Vleisraad sê meer as 1 300 bees uit Botswana het reeds in die land aangekom by plaaslike abattoirs. Die Ministerie van Landbou het die skema bekend gestel om tekorte aan slagdiere aan te vul en te verseker dat daar voldoen kan word aan uitvoer kwotas. Ros Hamukuaja Thobias, Woordvoerder van Meatco het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle wag steeds op diere en het tot op hede niks ontvang nie.