2017 Swapo kongres was ‘n skande – Nahas

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese Minister van Justisie Sacky Shanghala 4,5 miljoen doller van die sogenaamde Fishrot-fondse gebruik het om Swapo lede tydens die 2017 kongres om te koop om te verseker dat President Hage Geingob in sy amp bly. Daardie kongres het die nuus gehaal omdat die twee Swapo faksies, Span Harambee, vir Geingob, en Span Swapo vir Pendukeni Ivula Ithana en Nahas Angula meegeding het. Angula het sy reaksie op die berigte so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.