McIlroy sê vrede tussen LIV en PGA is goed vir gholf

Die viermalige major-wenner, Rory McIlroy, sê hy glo die nuwe samesmelting tussen die PGA-toer, DP World-toer en LIV-gholfreeks is goed vir die sport, want dit verenig en verseker ‘n finansiële toekoms. Die wêreld se nommer drie het voorheen die PGA-toer verdedig terwyl ander spelers winsgewende aanbiedinge aanvaar het om by die LIV-gholfreeks aan te sluit wat deur Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds befonds word. McIlroy sê al verwelkom hy die samesmelting, haat hy steeds LIV en hy hoop dit gaan weg: