McCarthy verlaat Amazulu

Ondersteuners van Amazulu in buurland het met skok en woede gereageer oor Benni McCarthy en die klub se paaie geskei het. Die besluit is volgens berigte wedersyds, maar dit volg op ‘n teleurstellende seisoen vir Usuthu. Hulle het slegs twee van hulle laaste tien wedstryde in al die kompetisies gewen en albei oorwinnings was in die CAF-kampioenskapsliga. Hulle is agtste op die punteleer van die Premierliga na 23 wedstryde, na hulle in die vorige seisoen tweede geëindig het. McCarthy is steeds Bafana Bafana se top doelskieter.