McAfee verheug oor Heldesaal-erkenning

Cheryl McAfee van Australië sê sy voel geëerd deur haar insluiting in Wêreldrugby se Heldesaal vir 2021. Wêreldrugby sê McAfee se plek in Australië se geskiedenis is verseker toe sy haar land in die eerste Wêreldbeker-sewestoernooi vir vroue in 2009 in Dubai tot glorie gelei het. Sy was ‘n skrumskakel in die 15-tal weergawe van die spel en was ook haar land se kaptein in dié formaat tussen 2007 en 2010, insluitend die Wêreldbekertoernooi in 2010. McAfee sê sy het al ‘n hele paar spesiale oomblikke in die sport gehad: