Mbumba: Tyd dat vroue op gelyke vlak met mans is
Adjunk-president Nangolo Mbumba het die #WeAreEqual-veldtog van stapel gestuur. Dit is ‘n aksieplan deur Afrika se eerste dames wat daarop gemik is om geslagsgelykheid te bevorder en die geslagsgaping in Afrika te verklein. #WeAreEqual is ‘n inisiatief van die Organisasie van Afrika Eerste Dames vir Ontwikkeling, wat ‘n ledetal van 45 eerste dames regoor Afrika het. Namibiese eerste dame Monica Geingos is die president van die organisasie. Mbumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat vroue te lank gely het en dis tyd dat hulle op dieselfde vlak as mans is…