Mbumba sal môre sê oor Covid-maatreëls

Die vise-president Nangolo Mbumba sal môremiddag om drie-uur die jongste Covid-maatreëls bekendstel. Die huidige maatreëls geld net tot Dinsdag om middernag. Op die oomblik vertoon Covid-syfers plaaslik baie goed met weeklikse afnames wat aangemeld word. Verlede week is ‘n gemiddeld van 68 gevalle ‘n dag aangemeld, 3 persent laer as in die vorige week. Sterftes het ook met 42 persent teenoor die vorige week afgeneem met ‘n gemiddeld van twee ‘n dag. ‘n Totaal van 3 860 pasiënte het herstel teenoor 798 in die vorige week.