Mbumba open eerste kabinetsvergadering

President Nangolo Mbumba het die eerste kabinetsvergadering vanoggend amptelik geopen. Hy het verskeie suksesse van verlede jaar aangehaal sowel as die groen-waterstof ekonomie wat ontwikkel word.

Maar, korrupsie bly ‘n probleem – veral met die nuwe energiesektor. Mumba sê beleidsmaatreëls word in die verband versterk.