Mboma neem deel in Nairobi

Namibië se ster-atleet, Christine Mboma neem vandag deel aan die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi.  Dit is haar eerste verskyning op die atletiekbaan nadat sy behandeling vir verhoogde testosteroonvlakke ondergaan het. Sy het op 5 April by Wêreldatletiek die groen lig gekry om aan amptelike kompetisies deel te neem. Christine wys haar staal in die 100m-naelloop by hierdie gesogte byeenkoms vir hoëprofiel atlete. Kosmos 94.1 nuus het vroeër met Henk Botha, Mboma se afrigter, gesels oor die komende kompetisie.