Alaska staatsamptenare vies vir Biden

Die boor van olie en gas is nie net plaaslik ‘n kwessie wat deurentyd die nuus haal nie. Die Biden-administrasie het stappe geneem om olie- en gasboor- en mynbou in Alaska te beperk, wat staatsamptenare rooi om die kraag gehad het. Hulle meen die beperkings sal die gemeenskap van werksgeleenthede ontneem en die VSA op buitelandse hulpbronne afhanklik maak, maar omgewingsbewustes behaag. Die departement van binnelandse sake het ‘n regulasie gefinaliseer om olie- en gasontwikkeling op 40 persent van Alaska se Nasionale Petroleumreservaat te blokkeer om habitatte vir ysbere en die lewenswyse van inheemse gemeenskappe te beskerm.