Mbeki, Zuma kap Ramaphosa oor Phala Phala

Die voormalige president Thabo Mbeki sê diegene wat by staatskaping in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrokke was, het verraad gepleeg. Hy het die Strategiese Dialooggroep in Johannesburg toegespreek. Mbeki het met verwysing na die ANC, die kaliber van leiers bevraagteken wat by die party se komende verkiesingskonferensie na vore gaan kom. Hy voeg by Cyril Ramaphosa is onder druk weens die strafregtelike ondersoek na die Phala Phala-plaas voorval. Mbeki sê die ANC moet optree teen korrupte elemente in die party:

Intussen het oudpresident Jacob Zuma ook teen Ramaphosa uitgvaar en sê vir iemand om privaat sake te doen terwyl hy die hoogste amp van president beklee is niks anders as korrupsie nie. Zuma en sy stigting het die media in Sandton toegespreek. Dit volg na president Cyril Ramaphosa gesê het aantygings van oortredings op sy plaas Phala Phala is onwaar, maar erken het hy doen privaat sake.