Mbeki verdedig sy kritiek op Ramaphosa

Oudpresident van Suid-Afrika Thabo Mbeki het sy kritiek op President Cyril Ramaphosa verdedig tydens ʼn “openhartige en hartlike” gesprek met senior ANC-ampsdraers. Mbeki hou by sy standpunt dat die party sy meerderheid gebruik het om ‘n ondersoek te verhoed na Ramaphosa se betrokkenheid by die diefstal van Amerikaanse dollar op sy wildplaas, Phala Phala, in Limpopo. Grondwetlike demokrasie en parlementêre toesig is bespreek, met die ANC wat volhou in die geval van sake van nasionale belang moet dit van alle kante toegelig word met al drie regeringsfere wat saamwerk. Ramaphosa was nie teenwoordig nie.